Skip to main content

Germanwings Inhoud Vlugramp van 2015 | Vloot | Verwysings | Eksterne skakels | Navigasie-keuseskermeurowings.comBBC News, 25 Maart 2015: Germanwings: Lufthansa's budget hope. Besoek op 25 Maart 2015aero.de: Eurowings se nuwe bedryfsmodelBBC News, 25 Maart 2015: Germanwings plane crash: Black box 'has usable data'. Besoek op 25 Maart 2015Vlieënier van Alpe-rampvlug ‘uitgesluit’www.netwerk24.com, 26 Maart 2015: Germanwings: Vlieënier het vliegtuig glo doelbewus laat valwww.spiegel.de, 26 Maart 2015: Hausdurchsuchung bei Co-Pilot: Ermittler finden Hinweise auf psychische Erkrankung. Besoek op 27 Maart 2015www.spiegel.de: Co-Pilot des Unglücksfliegers: Heimliches Leidch-aviation.com – Germanwingsairfleets.net – Fleet age Germanwingslh-taufnamen.de – Lufthansagermanwings.com – Technik & FlotteWorldCat Identities156956091nb201100478110172512-7

Duitse maatskappyeLugrederyeVervoer in Duitsland


DuitselaekostelugrederyLufthansaKeulenEuropeseFrankfurt am MainMünchenIerseRyanairBritseEasyJetEurowingsFrankfurt am MainMünchenBarcelonaKataloniëSpanjeDüsseldorfNoordryn-WesfaleFranseAlpestralerMarseilledepressie












Germanwings




in Wikipedia, die vrye ensiklopedie






Jump to navigation
Jump to search

























Germanwings

Germanwing's logo.jpg





IATA
4U

ICAO
GWI
Roepsein
GERMANWINGS
Gestig

2002
Bedryfsbasisse
Lughawe Keulen-Bonn
Lojaliteitsprogram
Boomerang Club
Miles&More
Vlootgrootte
81
Bestemmings
Omtrent 100 in Duitsland, Europa en Noord-Afrika
Houermaatskappy
Lufthansa Groep
Hoofkantoor

Keulen, Duitsland
Sleutelpersone
Jörg Beißel
Michael Knitter
Oliver Wagner
Omset
1,8 miljard € (2013)
Werknemers
2 073
Webtuiste

eurowings.com

Germanwings is 'n Duitse laekostelugredery en dogtermaatskappy van Lufthansa wat in 2002 gestig is. Die lugredery, met sy hoofkwartier in Keulen, het volgens Lufthansa se nuwe sakekonsep sedert 2012 gaandeweg alle nasionale en Europese roetes, wat nie vanaf Lufthansa se spilpunte in Frankfurt am Main en München bedien word nie, van sy moedermaatskappy oorgeneem. In 2013 het Germanwings sowat 16 miljoen passasiers vervoer. Dit was in 2015 die derde grootste Duitse lugredery volgens vlootgrootte en passasiersgetalle.


Germanwings staan sentraal in Lufthansa se pogings om in die snelgroeiende Europese laekostemark te kan meeding wat deur die Ierse lugredery Ryanair en die Britse EasyJet oorheers word. Germanwings, wat oorspronklik in 2002 as 'n dogteronderneming van Eurowings gestig is en huurvlugte aangebied het, is in 2009 deur Lufthansa oorgeneem. Aanvanklik is Germanwings se bedrywighede met opset beperk om mededinging met die moedermaatskappy te vermy. Dié beleid is later heroorweeg nadat Lufthansa deur mededinging met laekoste-lugrederye soos EasyJet, AirBerlin en TUIfly in die gesig gestaar is, en grootskaalse beleggings is in Germanwings gedoen.




Germanwings-kajuitdiens in die "Beste Sitplekke"-klas tydens 'n vlug tussen Hannover en Londen


Vroeg in 2013 het Germanwings steeds meer Europese kortafstandroetes namens Lufthansa bedien. In Januarie 2015 is die herstruktureringsproses, waarvolgens Germanwings die meeste van Lufthansa se verliesgewende Europese roetes oorgeneem het, afgesluit – met die uitsondering van internasionale dienste wat vanaf die lughawens in Frankfurt am Main en München aangebied word. Met sy vloot van meer as sewentig vliegtuie en 2 000 werknemers, het Germanwings in 2014 sowat 16 miljoen passasiers vervoer deur 130 Europese bestemmings te bedien.


Vakbonde het kritiek op Lufthansa se beleid gelewer en Germanwings as 'n instrument beskou waarmee die bestuur bestaande ooreenkomste oor salarisse en diensvoorwaardes vir vlieëniers en kajuitpersoneel probeer ondermyn. Die geskille het vanaf 2014 maande lank tot stakings gelei. Lufthansa het in die najaar van 2015 begin om Germanwings as handelsmerk uit te faseer en dit met Eurowings in 'n gemeenskaplike houermaatskappy saam te smelt.[1]
Sedert 25 Oktober 2015 word dié maatskappy deur Eurowings GmbH bestuur wat alle kort- en langafstandvlugte onder die handelsmerk Eurowings bedryf. Germanwings is sedert 1 November 2015 'n sogenaamde Wetlease-lugredery, dit wil sê dat alle Germanwings-vliegtuie in opdrag van Eurowings deur Germanwings-personeel bedryf word.[2]


Germanwings, wat net drie prysmodelle en dienspakkette vir sy vliegkaartjies aanbied – Basic (sonder versnaperings en drankies), Smart en Best, is as een van die veiligste lugrederye beskou voordat 'n Airbus A320 op 24 Maart 2015 op pad van Barcelona in Katalonië, Spanje na Düsseldorf, Noordryn-Wesfale in die Franse Alpe teen 'n berghelling vasgevlieg het. 150 passasiers en bemanningslede is in die ramp dood.




Inhoud





  • 1 Vlugramp van 2015


  • 2 Vloot


  • 3 Verwysings


  • 4 Eksterne skakels




Vlugramp van 2015 |


Die straler het 'n misterieuse daalvlug begin kort nadat dit sy beplande kruishoogte van 38 000 voet bereik het. Die omstandighede van die ramp – daar is hoegenaamd geen noodseine ontvang nie – het volgens deskundiges aanvanklik daarop gedui dat die twee vlieëniers weens 'n drukverlies in die kajuit reeds bewusteloos was òf tevergeefs probeer het om 'n foutiewe program van die outovlieënier om te keer toe die straler met 'n snelheid van tot 740 km per uur teen 'n bergpiek gebots het. Die vliegtuig het met impak in duisende dele gebreek.[3]


Nadat kajuitopnames ontleed is, het dit aan die lig gekom dat een van die twee vlieëniers voor die ongeluk uit die kajuit gesluit was. Dié opnames toon dat een van die sitplekke teruggestoot is en die kajuit se deur oop- en toegemaak is. Daar is later 'n ligte klop aan die deur gehoor, maar daar was geen verdere gesprekke van daardie punt af tot en met die ongeluk nie. Net voor die ongeluk het dit geklink of iemand die deur probeer oopbreek.[4]


Volgens die staatsaanklaer van Marseille, Brice Robin, word die 27-jarige medevlieënier daarvan verdink dat hy die straler opsetlik en doelbewus in 'n beheerde dalingspatroon geplaas het totdat dit teen 'n bergpiek vasgevlieg het. Die motief daarvoor bly egter raaiselagtig.[5] Die passasiers was blykbaar tot die laaste oomblikke onbewus van wat in die kajuit aan die gang was.


Die polisie het die medevlieënier se woonstel in Düsseldorf vir moontlike leidrade deursoek. Eerste ondersoeke staaf die teorie van 'n ernstige sielkundige probleem.[6] Die medevlieënier was nog in Maart 2015 vir behandeling in 'n Düsseldorfse hospitaal. Hospitaalwerknemers ontken egter dat hy vir depressie behandel is, soos deur sommige van die Duitse media beweer is.[7]



Vloot |




'n Germanwings-Airbus A320 land op die lughawe Keulen-Bonn


In Januarie 2016 het Germanwings se vloot uit 62 vliegtuie bestaan,[8] met 'n gemiddelde ouderdom van 14 jaar:[9]






















Tipe
aktief
bestel[10]Notas
Sitplekke[11]

Airbus A319-100
43


144 / 150

Airbus A320-200
19


174
Totaal
62

0



Verwysings |




  1. BBC News, 25 Maart 2015: Germanwings: Lufthansa's budget hope. Besoek op 25 Maart 2015


  2. aero.de: Eurowings se nuwe bedryfsmodel


  3. BBC News, 25 Maart 2015: Germanwings plane crash: Black box 'has usable data'. Besoek op 25 Maart 2015


  4. Vlieënier van Alpe-rampvlug ‘uitgesluit’, PRAAG, 26 Maart 2015


  5. www.netwerk24.com, 26 Maart 2015: Germanwings: Vlieënier het vliegtuig glo doelbewus laat val


  6. www.spiegel.de, 26 Maart 2015: Hausdurchsuchung bei Co-Pilot: Ermittler finden Hinweise auf psychische Erkrankung. Besoek op 27 Maart 2015


  7. www.spiegel.de: Co-Pilot des Unglücksfliegers: Heimliches Leid


  8. ch-aviation.com – Germanwings


  9. airfleets.net – Fleet age Germanwings


  10. lh-taufnamen.de – Lufthansa


  11. germanwings.com – Technik & Flotte



Eksterne skakels |





  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Germanwings.









Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Germanwings&oldid=1783861"










Navigasie-keuseskerm


























(window.RLQ=window.RLQ||[]).push(function()mw.config.set("wgPageParseReport":"limitreport":"cputime":"0.136","walltime":"0.237","ppvisitednodes":"value":460,"limit":1000000,"ppgeneratednodes":"value":0,"limit":1500000,"postexpandincludesize":"value":6550,"limit":2097152,"templateargumentsize":"value":703,"limit":2097152,"expansiondepth":"value":7,"limit":40,"expensivefunctioncount":"value":0,"limit":500,"unstrip-depth":"value":0,"limit":20,"unstrip-size":"value":4450,"limit":5000000,"entityaccesscount":"value":1,"limit":400,"timingprofile":["100.00% 180.668 1 -total"," 39.28% 70.969 1 Sjabloon:Normdata"," 34.18% 61.748 1 Sjabloon:Infobox_airline"," 8.49% 15.334 1 Sjabloon:Verwysings"," 2.97% 5.359 1 Sjabloon:Commonskat-inlyn"," 2.88% 5.205 1 Sjabloon:Kleiner"," 1.91% 3.452 1 Sjabloon:0"," 1.80% 3.250 12 Sjabloon:!-"," 1.40% 2.528 1 Sjabloon:Column-count"],"scribunto":"limitreport-timeusage":"value":"0.029","limit":"10.000","limitreport-memusage":"value":864754,"limit":52428800,"cachereport":"origin":"mw1327","timestamp":"20190509023018","ttl":2592000,"transientcontent":false););"@context":"https://schema.org","@type":"Article","name":"Germanwings","url":"https://af.wikipedia.org/wiki/Germanwings","sameAs":"http://www.wikidata.org/entity/Q155038","mainEntity":"http://www.wikidata.org/entity/Q155038","author":"@type":"Organization","name":"Contributors to Wikimedia projects","publisher":"@type":"Organization","name":"Wikimedia Foundation, Inc.","logo":"@type":"ImageObject","url":"https://www.wikimedia.org/static/images/wmf-hor-googpub.png","datePublished":"2014-08-26T20:52:51Z","dateModified":"2018-09-07T06:37:06Z","image":"https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/6/64/Germanwings_-_Service.jpg"(window.RLQ=window.RLQ||[]).push(function()mw.config.set("wgBackendResponseTime":363,"wgHostname":"mw1327"););

Popular posts from this blog

Kamusi Yaliyomo Aina za kamusi | Muundo wa kamusi | Faida za kamusi | Dhima ya picha katika kamusi | Marejeo | Tazama pia | Viungo vya nje | UrambazajiKuhusu kamusiGo-SwahiliWiki-KamusiKamusi ya Kiswahili na Kiingerezakuihariri na kuongeza habari

Swift 4 - func physicsWorld not invoked on collision? The Next CEO of Stack OverflowHow to call Objective-C code from Swift#ifdef replacement in the Swift language@selector() in Swift?#pragma mark in Swift?Swift for loop: for index, element in array?dispatch_after - GCD in Swift?Swift Beta performance: sorting arraysSplit a String into an array in Swift?The use of Swift 3 @objc inference in Swift 4 mode is deprecated?How to optimize UITableViewCell, because my UITableView lags

Access current req object everywhere in Node.js ExpressWhy are global variables considered bad practice? (node.js)Using req & res across functionsHow do I get the path to the current script with Node.js?What is Node.js' Connect, Express and “middleware”?Node.js w/ express error handling in callbackHow to access the GET parameters after “?” in Express?Modify Node.js req object parametersAccess “app” variable inside of ExpressJS/ConnectJS middleware?Node.js Express app - request objectAngular Http Module considered middleware?Session variables in ExpressJSAdd properties to the req object in expressjs with Typescript