Skip to main content

Richard I van Engeland Inhoud Vroeë lewe | Bewind | Dood | Verwysings | Verdere leesstof | Eksterne skakels | Navigasie-keuseskerm Forward to the Past - Poetry Spotlight: “Ja Nus Hons Pris,” by Richard the Lionheart. Besoek op 11 September 2019141-149Roger of Hoveden oor Richard I van Engeland en Filips II van FrankrykRichard and Saladin: Warriors of the Third CrusadeYouTube.com: Richard I Leeuehart: Ja Nus Hons Pris

Engelse monargeGeboortes in 1157Huis van AnjouSterftes in 1199


FransEngels8 September11576 April11991189EngelandHendrik IIEleonore van AkwitaniëOxfordEngelandPlantagenêtsFransAkwitaniëWillemHendrikGodfriedJanBretagneIerlandFilips II van Frankryk6 Julie1189Derde KruistogAkkoBerengaria van NavarraCiprusSaladinLeopold V van Oostenrykpublieke regPous Celestinus IIIHendrik VI, Heilige Romeinse keiserGangreen












Richard I van Engeland




in Wikipedia, die vrye ensiklopedie






Jump to navigation
Jump to search




















Richard I (Leeuehart)

Koning van Engeland

Richard coeurdelion g.jpg

Huis

Angevyne (Plantagenêt)
Regeer

6 Julie 1189 – 6 April 1199
Voorganger

Hendrik II
Opvolger

Jan Sonder Land
Eggenote

Berengaria van Navarra
Gebore

8 September 1157
Oorlede

6 April 1199
Vader

Hendrik II
Moeder

Eleonore van Akwitanië

Richard I Leeuehart (Frans: Richard Cœur de Lion, Engels: Lionheart; 8 September 1157 – 6 April 1199) was van 1189 tot met sy dood koning van Engeland. Hy was die tweede seun van Hendrik II en Eleonore van Akwitanië, een van die kunssinnigste persoonlikhede in Middeleeuse Europa. So het Richard hom ook as digter en troubadour bekwaam.[1]


Richard I se lewe en die keuses, wat hy gemaak het, weerspieël die feit dat hy meer was as net die koning van Engeland. Groot dele van sy besittings was op die Europese vasteland, in die weste van Frankryk, geleë, terwyl sy politieke belange nog verder gestrek het. Gedurende sy regentskap van tien jaar het hy slegs sowat ses maande lank in Engeland gebly. Ook was hy, net soos sy Normandiese voorgangers, Engels nouliks magtig. Sy Engelse onderdane het nogtans sy prestasies as kruisridder en militêre leier in die Heilige Land tydens die Derde Kruistog gewaardeer en bewonder. Engeland was vir die duur van sy afwesigheid immers in goeie hande en het tydens sy regentskap 'n bloeitydperk beleef.




Inhoud





  • 1 Vroeë lewe


  • 2 Bewind

    • 2.1 Regering van Engeland



  • 3 Dood


  • 4 Verwysings


  • 5 Verdere leesstof


  • 6 Eksterne skakels




Vroeë lewe |


Hoewel Richard in Oxford, Engeland, gebore is, was hy nes die ander Plantagenêts eintlik Frans. Toe sy ouers uitmekaar is, het hy by sy ma gebly om aan haar hof 'n opleiding volgens die tradisies van Akwitanië te ontvang. In 1172 het hy die Hertog van Akwitanië geword.


Hy het twee ouer broers gehad: Willem, wat jonk dood is, en Hendrik, wat daarna as mede-koning gekroon is en bekend was as "Hendrik die Jong Koning". Hendrik sou die Engelse troon van sy pa geërf het en Richard sy ma se besittings. Die twee jonger broers, Godfried en Jan, sou onderskeidelik Bretagne en Ierland gekry het.


Hendrik het egter sy erflating voortdurend verander en dit het gelei tot jaloesie en aggressie onder sy seuns. In 1173 het sy seuns teen hom in opstand gekom om die grond te probeer bekom wat aan hulle belowe is. Daar was ook voortdurend konflik tussen die broers. Nadat Hendrik die Jong Koning in 1183 dood is ná ’n opstand teen sy pa, het Godfried in 1186 gesterf.


Toe Richard in 1183 as troonopvolger benoem is, het hy opnuut met sy pa slaags geraak en die steun van koning Filips II van Frankryk verwerf. Hy het hom eindelik verslaan en op 6 Julie 1189 koning van Engeland geword.



Bewind |




Standbeeld voor die Paleis van Westminster, Londen


Ná konflik tussen Richard en Filips het hulle ’n verdrag gesluit en met voorbereidings begin vir die duur Derde Kruistog. Tydens die kruistog was daar weer eens groot konflik tussen hulle. Toe Filips na Akko vertrek, het Richard verloof geraak aan Berengaria van Navarra. Hy is in 1191 met haar getroud ná die verowering van Ciprus. Daarna is Richard ook na Akko, waar hy ’n groot rol gespeel het in die verowering van die stad. Filips het na Frankryk teruggekeer, maar Richard het die kruistog voortgesit en oorwinnings behaal oor sy Moslem-eweknie Saladin.[2]


Intussen is ’n komplot gesmee deur Filips en Richard se broer Jan. Toe Richard hiervan hoor, het hy ’n verdrag met Saladin gesluit en teruggekeer na Europa. Op sy terugreis is hy deur hertog Leopold V van Oostenryk gevange geneem. Omdat die aanhouding van ’n kruisvaarder ’n oortreding van die publieke reg was, het Pous Celestinus III Leopold uit die kerk geban.


Vroeg in 1193 het Leopold Richard aan Hendrik VI, Heilige Romeinse keiser, oorhandig wat ’n losprys vir sy vrylating geëis het. Hendrik is toe ook uit die kerk geban. Die losprys is deur Richard se ma bymekaargemaak en betaal, en Richard is in 1194 vrygelaat. Ná sy terugkeer na Engeland het hy die mag teruggeneem en sy broer Jan vergewe vir die sameswering teen hom.


Richard was bekend as ’n veglustige en dapper man, maar hy het ook in kultuur belanggestel en ’n humorsin gehad. Al dié eienskappe het hom die bynaam Leeuehart besorg.[3] Deur sy avontuur- en oorlogsugtigheid het hy Engeland tot by die rand van bankrotskap gebring. Hy was van die tien jaar van sy bewind nie meer as ses maande in Engeland nie. Hy was sowel die langue d'oïl (die destydse dialekgroep van Frankryk noord van die Loirerivier en voorloper van moderne Frans) as die langue d'oc (Oksitaans) magtig. Hy het tot 1198 verder teen Frankryk oorlog gevoer.



Regering van Engeland |


Tydens Richard I se afwesigheid is Engeland deur 'n komitee geadministreer. Kanselier William Longchamp, biskop van Ely, was die invloedrykste persoonlikheid gedurende die vroeë jare van Richard I se regentskap. 'n Rebellie van Engelse barons het hom in 1191 in ballingskap gedwing. Sy opvolger was Walter van Coutances, aartsbiskop van Rouen. Die mees bekwame en belangrikste van Richard I se ministers was Hubert Walter, aartsbiskop van Kantelberg (Canterbury), wat tussen 1193 en 1198 as regter en tussen 1199 en 1205 as kanselier gedien het.



Dood |




Die graf in Fontevraud.


Op 25 Maart 1199 is Richard deur die pyl van ’n jong seun in die skouer gewond. Gangreen het ingetree en hy is op 6 April 1199 dood. Sy dood is later beskryf as "the Lion (that) by the Ant was slain". Hy is opgevolg deur sy broer Jan, wat later bekend geword het as "Jan Sonder Land".


Richard se brein is in die Charroux-abdy in Poitou begrawe, sy hart in die katedraal van Rouen in Normandië en die res van sy oorskot aan die voete van sy ouers in die Fontevraud-abdy in Anjou.



Verwysings |


Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel nl:Richard I van Engeland


  1. Forward to the Past - Poetry Spotlight: “Ja Nus Hons Pris,” by Richard the Lionheart. Besoek op 11 September 2019


  2. Addison pp. 141-149.


  3. Ralph Turner & Richard Heiser, Reign of Richard Lionheart, p.71



Verdere leesstof |


  • Addison, Charles. The History of the Knights Templars, the Temple Church, and the Temple, Londen: Longman, Brown, Green, and Longmans, 1842

  • Berg, Dieter. Richard Löwenherz. Darmstadt, 2007.

  • Edbury, Peter W. The Conquest of Jerusalem and the Third Crusade: Sources in Translation. Ashgate, 1996. ISBN 1-84014-676-1

  • Gillingham, John. Richard Coeur de Lion: Kingship, Chivalry and War in the Twelfth Century, 1994, ISBN 1-85285-084-1

  • Nelson, Janet L. (red.) Richard Coeur de Lion in History and Myth, 1992, ISBN 0-9513085-6-4

  • Runciman, Steven. A History of the Crusades, 1951–54, vols. 2-3.

  • Rofheart, Martha. Lionheart! a novel of Richard I, King of England (New York, 1981) ISBN 0-671-43250-8


Eksterne skakels |




Historiese oorsigte
  • Roger of Hoveden oor Richard I van Engeland en Filips II van Frankryk

  • Richard and Saladin: Warriors of the Third Crusade

Media
  • YouTube.com: Richard I Leeuehart: Ja Nus Hons Pris




Monarge van Engeland



Huis van Wessex: Egbert • Ethelwulf • Ethelbald • Ethelbert • Ethelred • Alfred die Grote • Eduard die Ouere • Ethelweard • Athelstan • Edmund I • Edred • Edwy die Regverdige • Edgar die Vreedsame • Sint Eduard die Martelaar • Ethelred II • Denemarke: Sven Vurkbaard • Knoet die Grote • Huis van Wessex (herstel): Ethelred II • Edmund Ironside • Denemarke (herstel): Knoet die Grote • Harold Haasvoet • Hartaknoet • Huis van Wessex (herstel): Sint Eduard die Belyer • Harold Godwinson • Edgar Adeling • Huis van Normandië: Willem I die Veroweraar • Willem II Rufus • Hendrik I • Stefanus • Matilda • Huis van Plantagenêt: Huis van Anjou (Angevyne) – Hendrik II • Hendrik die Jong Koning • Richard I • Jan Sonder Land • Hendrik III • Eduard I • Eduard II • Eduard III • Richard II • Huis van Lancaster – Hendrik IV • Hendrik V • Hendrik VI • Huis van York – Eduard IV • Huis van Lancaster (herstel) – Hendrik VI • Huis van York (herstel) – Eduard IV • Eduard V • Richard III • Huis van Tudor: Hendrik VII • Hendrik VIII • Eduard VI • Jane • Maria I • Elizabeth I • Huis van Stuart: Jakobus I • Karel I • (Gemenebes van Engeland) • Huis van Stuart (herstel): Karel II • Jakobus II • Willem III van Oranje • Maria II • Anna



Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Richard_I_van_Engeland&oldid=2039117"













Navigasie-keuseskerm


























(RLQ=window.RLQ||[]).push(function()mw.config.set("wgPageParseReport":"limitreport":"cputime":"0.100","walltime":"0.140","ppvisitednodes":"value":383,"limit":1000000,"ppgeneratednodes":"value":0,"limit":1500000,"postexpandincludesize":"value":7128,"limit":2097152,"templateargumentsize":"value":862,"limit":2097152,"expansiondepth":"value":9,"limit":40,"expensivefunctioncount":"value":0,"limit":500,"unstrip-depth":"value":0,"limit":20,"unstrip-size":"value":1167,"limit":5000000,"entityaccesscount":"value":1,"limit":400,"timingprofile":["100.00% 90.736 1 -total"," 58.38% 52.968 1 Sjabloon:CommonsKategorie"," 31.66% 28.731 1 Sjabloon:Commons"," 28.89% 26.214 1 Sjabloon:Sister_project"," 21.69% 19.685 1 Sjabloon:Sykas"," 8.75% 7.939 1 Sjabloon:Inligtingskas2"," 8.72% 7.915 1 Sjabloon:Verwysings"," 3.62% 3.280 1 Sjabloon:Monarge_van_Engeland"],"scribunto":"limitreport-timeusage":"value":"0.005","limit":"10.000","limitreport-memusage":"value":608741,"limit":52428800,"cachereport":"origin":"mw1266","timestamp":"20190911200218","ttl":2592000,"transientcontent":false););"@context":"https://schema.org","@type":"Article","name":"Richard I van Engeland","url":"https://af.wikipedia.org/wiki/Richard_I_van_Engeland","sameAs":"http://www.wikidata.org/entity/Q42305","mainEntity":"http://www.wikidata.org/entity/Q42305","author":"@type":"Organization","name":"Contributors to Wikimedia projects","publisher":"@type":"Organization","name":"Wikimedia Foundation, Inc.","logo":"@type":"ImageObject","url":"https://www.wikimedia.org/static/images/wmf-hor-googpub.png","datePublished":"2009-09-25T17:50:35Z","dateModified":"2019-09-11T20:02:18Z","image":"https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/4/49/Richard_coeurdelion_g.jpg"(RLQ=window.RLQ||[]).push(function()mw.config.set("wgBackendResponseTime":135,"wgHostname":"mw1254"););

Popular posts from this blog

Kamusi Yaliyomo Aina za kamusi | Muundo wa kamusi | Faida za kamusi | Dhima ya picha katika kamusi | Marejeo | Tazama pia | Viungo vya nje | UrambazajiKuhusu kamusiGo-SwahiliWiki-KamusiKamusi ya Kiswahili na Kiingerezakuihariri na kuongeza habari

Swift 4 - func physicsWorld not invoked on collision? The Next CEO of Stack OverflowHow to call Objective-C code from Swift#ifdef replacement in the Swift language@selector() in Swift?#pragma mark in Swift?Swift for loop: for index, element in array?dispatch_after - GCD in Swift?Swift Beta performance: sorting arraysSplit a String into an array in Swift?The use of Swift 3 @objc inference in Swift 4 mode is deprecated?How to optimize UITableViewCell, because my UITableView lags

Access current req object everywhere in Node.js ExpressWhy are global variables considered bad practice? (node.js)Using req & res across functionsHow do I get the path to the current script with Node.js?What is Node.js' Connect, Express and “middleware”?Node.js w/ express error handling in callbackHow to access the GET parameters after “?” in Express?Modify Node.js req object parametersAccess “app” variable inside of ExpressJS/ConnectJS middleware?Node.js Express app - request objectAngular Http Module considered middleware?Session variables in ExpressJSAdd properties to the req object in expressjs with Typescript